Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS 05 JULIE 2015

Goeiemore, en welkom. Hier volg die nuusbulletin van die SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA,gelees deur....................(Naam; roepsein en QTH).

Luister elke Sondag deur die hele land na 'n uitsending van SARL-NUUS in Afrikaans om 08:15 SAST en in Engels om 08:30. 'n Teksweergawe van hierdie bulletin kan bywww.sarl.org.za, die SARL se webwerf, afgelaai word. Daar is ook 'n skakel na 'n oudio weergawe van die bulletin op dieselfde blad beskikbaar. Jy kan daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.


IN DIE NUUS VANDAG:
RADIO ZS DIE WEEK BESKIKBAAR
ANTENNE VERDEGINGSFONDS VORDERINGS VERSLAG
KOMPETIESIE NUUS

Bly ingeskakel vir meer hieroor asook ander interessante nuusitems

Die Julie-uitgawe van Radio ZS sal beskikbaar wees vir aflaai van die Liga se webwerf teen Woensdag 8 Julie. In hierdie uitgawe gesels Nico, ZS6QL, oor geleenthede en moontlikhede, Kevin, ZS6KMD wys jou hoe om 'n eenvoudige Arduino Morse Sleutel te bou terwyl Richard, G3CWI, meer vertel oor die bedryf van amateur radio uit 'n hotel. Peter, ZS2ABF, vertel ons meer oor sy vinnige aftas TV eksperimente op 2,4 GHz.

Vir die 4 meter entoesiaste, is daar twee antenna artikels ingesluit. Pine, ZS6GST, verduidelik in Afrikaans die werking van die BHF kwartgolf antenna en in Engels bespreek hy 'n 'Attenuator as MismatchTestLoad.' Agent Tim verduidelik die bou van die WhaddonMk VII "Paraset" en Mike, ZS2FM, neem ons op besoek na ALMA - die AtacamaLarge Millimeter/sub-millimeter Array.

Peter, ZS2ABF, is die wenner van die eerste Radio ZS voorblad kompetisie.

** Die antenne verdedigings fonds komitee het die afgelope week vergader. Tydens hul byeenkoms is verskeie inisiatiewe bespreek ten einde ‘n plan van aksie daar te stel vir die aanspreek van die huidige verbod op die oprig van antenna en ondersteunende strukture in woon gebiede.

Hierdie komitee is gedurende die laaste raadsvergadering aangewys en is tans onder die bekwame voorsitterskap van Frits ZS6SF. Nico van Rensburg, ZS6QL en Hans van de Groenendaal, ZS6AKV, is in ondersteunende posisies as komitee lede aangestel.

Hierdie komitee se doel is om die regskennis wat onder die leiding van Johan Marais, ZS1JM, en sy span ingewin is te bestudeer en vandaar ‘n aksieplan saam te stel ten einde dringend met die onderskeie rolspelers in die regering samesprekings te voer.

Die komitee het ook die konsepdokument, wat die belangrike rol wat amateurradio speel ten opsigte van noodkommunikasie, die ontwikkeling van nuwe tegnologie en ook tegniese opleiding, bestudeer. Die komitee het voorts onderneem on gereeld terugvoering te gee met betrekking tot hul werksaamhede deur middel van die maandelikse SARL nuusbrief.

** Die datums vir die Amateur Radio in Aksie-simposiums vir 2015 is gefinaliseer. Dit begin op 22 Augustus by die NARS en is op 19 September in Pretoria. Op 10 Oktober is dit by die Kaapse Skiereiland se Universiteit van Tegnologie in Kaapstad. Besprekings open Maandag 13 Julie. 'n Toestel vir 'n Mikrobeheerde frekwensieteller, sal beskikbaar gestel word. Meer inligting sal binnekort op die webwerf geplaas word.


** Die Raad van die SARL het weereens benadruk dat daar geen advertensies deur besighede op die Liga se RUILHOEKIE-webwerf gepubliseer mag word nie.

Die ruilhoekkie se doel is uitsluitlik vir lede wat ontslae wil raak van oortollige toerusting. Lees asseblief die reëls bo aan die ruilhoekkie webblad.

Die fooie vir besigheidsadvertensies is ook verminder om kleiner verskaffers, wat hulle ware en dienste op die SARL webblad wil adverteer, te ondersteun. Die groter advertensies se kostes bly onveranderd.


** Die eerste ZS5 Naelloop ooit is vanmiddag vanaf 14:00 tot 15:00 UTC op die lug met gelykgolf aktiwiteit op 7 000 tot 7 140 kHz en foon aktiwiteit op 7 130 tot 7 190 kHz. Vir KZN stasies is die uitruiling 'n RS of RST verslag en die dorp se naam of afkorting. Vir nie-KZN stasies, is die uitruiling 'n RS of RST verslag en provinsiale of lands afkorting.

Vir KZN stasies is die telling - kontakte met stasies in ZS5 is 1 punt werd en kontakte met stasies in ander ZS roep gebiede of Suider-Afrikaanse lande is 2 punte werd. Vir nie-KZN stasies die telling - kontakte met stasies in ZS5 is 2 punte werd en kontakte met stasies in eie of ander ZS roep gebiede (uitgesluit ZS5) of Suider-Afrikaanse lande is 1 punt werd.

Kontak met die Highway ARK, ZS5HAM, die Durban ARK, ZS5D, die Hibiscus Coast ARK, ZS5HAC, die Zululand ARK, ZS5ZLB, die Midlands ARK, ZS5PMB, of die Noord Natal Amateurradioklub, ZS5NAK, is 5 punte elk werd, net een kontak per stasie word toegelaat. Logstate moet teen 13 Julie 2015 ingedien word per e-pos aan harc@harc.org.za. 'n Sertifikaat sal toegeken word aan die 1ste, 2de en 3de plekke in die kompetisie


** Die SARL beplan om in die komende IARU Kampioenskappe eerskomende naweek,11 en 12 Julie, deel te neem met die roepsein ZS9HQ. Die span wat die stasie sal beman bestaan reeds uit Vidi, ZS1EL, Roger, ZS6RJ, Mike, ZS6AI, Sam, ZS6BRZ, Theunis, ZS2EC, Chris, ZS6RI, Joop, ZS6JP en Geoff ZS6C.

As jy sou belangstel om te deel in hierdie besondere geleentheid stuur so gou moontlik ‘n epos aan contest@sarl.org.za


HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Sonvlek AR2376 het 'n komplekse magnetiese veld en kan M-klas sonfakkels oplewer.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 67 vir die week gebruik.

Amateurs kan veral laatmiddag en gedurende die aande goeie openinge op die 20 tot 15 m DX bande verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.


Die dagboek van gebeure:

5 Julie - ZS5 Naelloop.
6 Julie 2015 - Logstate vir Topband QSO aan contest@sarl.org.za.
11 en 12 Julie - IARU HF-kampioenskappe op al die HF-bande.
22 Augustus - ARIA Simposium by die NARS.
19 September- ARIA Simposium in Pretoria.

Ons sluit vandag se bulletin af met ‘n vinnige terugblik op ons hoofstorie: Die nuutste Radio ZS sal teen eerskomende Woensdag, 8 Julie, beskikbaar wees op die SARL webblad. Hierdie uitgawe beloof om propvol interesante artikels te wees.


Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooiklubs en individue uit om nuusbrokkies, van belang vir amateurradio en kortgolfluisteraars, met hulle te deel. Plaas nuusberigte indien moontlik, in Engels sowel as Afrikaans op die SARL se webtuiste onder die "newsinbox" skakel, voor of op die Donderdag wat die bulletin voorafgaan.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 SAST na "Amateur Radio Today".Daar is herleidings op
7 082 kHz laersyband, 7 205 en 17 660 kHz AM asook op verskeie BHF- en UHF-frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO is ook beskikbaar. Heruitsendings vind op Maandae om 18:30 SAST op 4895 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nieamateur-frekwensies.

Ons ontvang graag jou seinrapport, kommentaar en voorstelle oor die bulletin. Stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA, saamgestel deur
Dawie Conradie, ZR6DHC, geredigeer deur Etienne Naude ZS6EFN, en gelees deur . . . . . . . . (naam, roepsein, QTH).

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

/EX



Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003